Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 21 September 2017

Mev. Ann O’ Sullivan van die Precious Treasures-organisasie, het die babaklere wat ons voorsitter met geldelike skenkings van die lede aangekoop het, met groot dankbaarheid ontvang. Die klere word saam met ‘n baba, wat in Tygerberg hospitaal gebore is, en in iemand anders as die moeder se sorg geplaas word, huis-toe gegee.  Die lede word aangemoedig om goeie, tweedehandse babaklere vir hierdie doel in te samel.