Sirkel: Tygerberg
Tak: Brackenfell
Portefeulje: Kuns & Kultuur
Beriggewer: Lettie van Wyk
Datum: 14 September 2017
Sheila Burger, sameroeper van Kuns & Kultuur en haar gasvroue het vir ‘n uitsonderlike oggend gesorg toe hulle leerlinge van die Paarlskool vir Neuraalgestremde kinders uitgenooi het om by ons te kom optree. Die kinders het voorgedra en gesing en ons almal se harte gesteel.
Sanggroepie van Paarlskool
Die Paarlskool is veel meer as net ‘n skool. Volgens hul Missie is hulle ‘n Bronnesentrum in die Noordelike voorstede van Kaapstad.
Hulle streef daarna om die neuraalgestremde kind te begelei, ondersteun en te help om, ten spyte van tekortkominge en leerhindernisse, hulle volle potensiaal te bereik.
Dit het elkeen wat die kinders vanoggend gesien en gehoor het, ten volle besef!
Aangesien dit ons lente-vergadering was, het baie lede vrolike, blomversierde hoede gedra om sodoende die lente te verwelkom.
Ons spog met ons hoede
Die kinders en hul onderwysers het saam met ons tee gedrink en kon ons hulle sodoende beter leer ken.
VLV lede en leerders van Paarlskool
Dankie Lettie vir die mooi artkel.