Sirkel: Tygerberg
Tak: Durbanville
Beriggewer: Hester Geringer
Datum: 14 Augustus 2017
Durbanville het op 14 Augustus ‘n baie interessante vergadering gehad. Elbe Klue het met ons kom praat oor parfuum en dit het my regtig laat dink aan die gediggie My nooi is in ‘n nartjie.
Sy het vertel dat parfuum hoofsaaklik in 4 geure verdeel word, nl blomme, sitrus, kaneel en hout, Dis nogal interessant om te besluit in watter groep jy val. Na ‘n reuksessie kon ons besluit watter geur ons geval. Sy het ons ook ingelig watter metode gebruik moet word om die geure te toets, en let wel, net 2 geure per keer, een op elke pols en dit moet nie gesmeer word nie. Die beste plek ook om parfuum te spuit is aan die bokant van jou bloes of trui of op jou pols.
Elbe Klue aan die woord.
Elbe gesels met Elsabe Start.
So baie mense wou met haar gesels het, maar ‘n oggend is ook net so lank.
Leave A Comment