Sirkel Noord-Karoo
Tak: Victoria-Wes
Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 9 Augustus 2017
VLV Victoria-Wes het Vrouwees op ‘n gepaste manier gevier tydens hul Damesdag op 9 Augustus in die kerksaal.
Na die opening het Eunice Samson haar sangtalent met die gaste gedeel. Alida Viljoen het daarna die geleentheid gekry om meer te vertel van “chalk painting” en hoe dit gebruik kan word om geskenkies te maak of om jou meubels te versier. Sonja Fereirra is ‘n kaasmaker en het ietsie vertel van die proses om kaas te maak. Sy het ook genoem dat die bestaan van kaas reeds vanaf 3000 jaar vC dateer. Daarna het Amanda Loots meer vertel oor die bewerk en gaarmaak van wildsvleis. Sy het ook sousresepte met die dames gedeel en die voorbereiding van ‘n rolrib gedemonstreer.
Nadat die gaste ‘n heerlike ligte ete van sop en tuisgemaakte brode geniet het, is Marietha Dignon aan die woord gestel. Sy is die eienaar van die plaaslike kwekery en het meer vertel oor die plant van kruie.
Laaste aan die woord was Patrys van der Merwe,’n voormalige Protea netbalspeler en ‘n ma wat die verlies van twee kinders moes verwerk. Sy deel hierdie tragiese ervaring op ‘n inspirerende wyse met die dames.
Patrys van der Merwe
Die verrassingsmandjie is gewen deur Renée-Mari Duminy.
Amanda Loots (demonstrasie).
Leave A Comment