Sirkel: Overberg
Tak: Caledon
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Yvonne Pretorius
Datum: 8 Augustus 2017
16 Dames van die Caledon VLV tak met Retha Skein as Voorsitter, asook Saamroeper Landbou en Tuinbou, het Dinsdag 8 Augustus 2017 besoek afgelê by die kaasplaas, Concordia, van Ian en Zelda Kingwill. Ian se ouers het ongeveer 20 jaar gelede begin met kaasmaak.
Plaasnaam met Retha Skein & Irene Marais
Zelda het op klein skaal die proses van kaasmaak aan die dames gedemonstreer en gewys daar word ‘n kultuur in die melk geplaas en daarna rennet. Dit help om die melk dik te maak. Die meeste van die prosesse vind plaas met tussenposes van 30 minute.
Cheddar in stadium voor dit in houers gepers word om vog uit te kry
Sowat 80 Jersey beeste lewer elke dag melk waarvan daar Maandae en Dinsdae kaas gemaak word. Die res van die week word die kaas in soutwater gelê, drooggemaak, met ‘n deurskynende produk geverf en toegemaak in was. 10 liter melk maak 1 kilogram kaas.
Zelda Kingwill en haar regterhand Ngoni Gonatanga
Die Kingwills maak 20 verskillende kase, waarvan 2 Goudas en die res cheddar met verskillende kruie en speserye, asook verouderde cheddars. Hul produkte word by plaasmarkte verkoop en hulle verskaf ook aan gastehuise in die omgewing.
‘n Paar van die 80 Jersey beeste op die plaas
‘n Kaasvat Zelda Kingwill en Retha Skein (Voorsitter Caledon VLV tak)
Kaas word verouder in koelkamer
‘n Klompie dames geniet die tee en eetgoed na die Kaas demonstrasie en -proe
Leave A Comment