Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Yvonne Neethling
Datum: 2 Augustus 2017
Na ‘n lang winterslaap……was die Langebaners gretig om op 2 Augustus 2017 weer saam te kuier. Die Tema van die dag was “Fotografie vir die Amateur” – ‘n “Photo-Booth” was beskikbaar vir ‘n onthou-foto.
Die saal was pragtig versier.
Die gasvroue verantwoordelik onder Petro Kruger en Hennah Greeff se leiding, het die saal met vetplante van ons streek, saam met fotorame, op verskeie maniere versier. Lede kon wit en swart aantrek om by die tema te pas.
Een van die tafels
Hillary het almal welkom geheet na die winter vakansie, Hennah Greef het die opening waargeneem en Frede Linsen het lede wat verjaar gelukgewens.
Henna Greeff
Anne-Marie Muller stel ons gasspreker , mnr Koos Pieters, die voorsitter van die Weskus Fotoklub bekend.
Anne-Marie Muller
Koos Pieters help ons met wenke om beter foto’s te neem met ‘n 10 punt plan en trek dit deur na hoe om jou eie selfoon se foto’s beter te beplan en te neem.
Koos Pieters
Die oggend word afgesluit met heerlike warm poedings en ‘n heerlike koppie tee of koffie
Leave A Comment