Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes
Beriggewer:  Elize Perrin
Datum: 18 Julie 2017

 

Victoria-Wes het die jaar bietjie buite die dorpsgrense beweeg vir Madibadag.  Klere en toiletware is, met die samewerking van die gemeenskap, ingesamel vir die pasiënte by die Western Cape Rehabilitation Centre.  Die sentrum is naby Mitchellsplein geleë en bied rehabilitasieprogramme vir o.a. beroerte en spinale pasiënte aan.  Persone uit verskeie provinsies maak van die fasiliteite gebruik. Baie pasiënte het nie geld vir oefenklere nie.  Ander se families bly ver en hulle moet dus lank wag voordat genoemde klere hulle bereik. Intussen kan hulle nie met rehabilitasie begin nie. Indien daar ‘n klerebank is, kan pasiënte gouer gehelp word.

 

 

 

 

 

 

 

Elize Perrin en Annelie van Niekerk (maatskaplike werker by WCRC) by die skenkings wat ontvang is.