Sirkel: Paarl
Tak: Suider-Paarl
Beriggewer: Elsa Hanekom
Datum: 12 Julie 2017
Die tak het besluit om hierdie jaar as deel van hul armoedeprojek geld in te samel vir die aankoop van volwasse doeke vir ‘n plaaslike tehuis vir bejaardes.
Tia Dixon, ons naaldwerksameroepster, het ‘n pragtige veeldoelige sakkie gemaak wat uitgeloot is en die mooi bedrag van R2 440,00 ingebring het.
Bestuurslede het Rusoord Tehuis vir Bejaardes besoek waar die geld aan die hoof, mev Lucinda Scholtz, oorhandig is.
Sakkie wat uitgeloot is

OLYMPUS DIGITAL CAMERA
Gonny du Plessis (voorsitter), Lucinda Scholtz (Rusoord), Berta Spangenberg (sekretaresse) en Elsa Hanekom (Tesourier)
Leave A Comment