Sirkel: SWD

Tak: Klein Brakrivier

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Marietjie Bothma

Datum Van Vergadering: 27 Junie 2017

 

Die VLV Klein Brakrivier se takprojek vir die jaar was om donasies vir die DBV in te vorder.   Die donasies wat ingesamel was, het bestaan uit kombersies, jassies, kos, leibande, vlooipoeier, sjampoo en ook Wildevoëlsaad vir Knysna.      Die donasies is aan Laurette Blok van die DBV tydens  die Openbare Sake vergadering oorhandig.

 

Laurette het vertel van die geweldige nood wat bestaan by die DBV vir dierekos, komberse, kosbakkies en katsand.   Sy bedank elkeen wat ‘n donasie skenk in die vorm van dierekos in geplaasde houthouers by besighede, ‘n geldjie in ‘n DBV blikkie of van welke aard ookal.   Sy bedank ook die VLV lede vir die donasies.

 

Bydraes uit die hart van Aanpasbare Vroue wat hul liefde vir diere met die DBV gedeel het.

 

Laurette Blok van die DBV en Elrina van Zyl, sameroeper van Openbare Sake.

 

Volgens Laurette het die DBV ook vrywilligers nodig om met honde op spesifieke tye by die DBV te gaan stap of net liefde en aandag aan katte kan gee.   Dit is nie net terapeuties nie, dit maak ‘n dierehart gelukkig om menslike kontak en aandag te ontvang.

 

Laurette het vertel van roerende verhale van verwilderde honde en verlore katte wat weer by hul eienaars uitgekom het na die verwoestende brande in Knysna.   Sy was nou verbonde namens die DBV en “Caws for Paws” vir die uitreik na diere met die Knysna tragedie.  Laurette het vertel van die man wat alles in die brand verloor het.   Die man het in sy motor gewag, hande en kop op die stuurwiel, wagtend vir nuus oor sy verlore twee Worshonde.   Die honde was nie by die skut nie, al wat hy oorgehad het, was hoop.   Uit die newels het ‘n bootjie verskyn met diere wat gered is.  Tussen hierdie diere was daar twee Worshonde.  Laurette het aan sy motor se venster geklop en hom vertel.   Die man het op sy knieë gesak, sy honde in sy arms gevou, trane het oor sy wange gerol en gesê “Dankie Vader”.

 

 

 

 

 

 

 

Barend en Janel Kruger van die firma Rauch Gertenbach Prokureurs het verskillende sake aangeraak.  Barend Kruger het ‘n baie interessante uiteensettting gegee  oor wat familiereg alles behels en ook die lede ingelig hoe die vererfreg werk.  Dit het omstandighede ingesluit soos  binne- of buite gemeenskap getroud,  aanwas tydens huwelike, paartjies wat net saambly en waar mense van dieselfde geslag saambly.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Janel Kruger het oor ‘n baie belangrike aspek gepraat wanneer ‘n persoon te sterwe kom.   Sy het‘n volledige lys uitgegee van watter dokumente saamgeneem moet word wanneer ‘n boedel aangemeld word.  Sy het vrouens aangemoedig om op hoogte te wees van hul mans se sake.  Hul moet ook probeer om hul onafhanklikheid te behou deur bv. gereeld self motor te bestuur om nie haar selfstandigheid te verloor nie.  Sy het genoem dat eksekuteursfooi wettig vasgestel is op 3.5% van die netto waarde van die boedel.   Wanneer ‘n boedel R3.5m of meer groot is, word boedelbelasting betaal.