Sirkel: Namakwaland

Tak: Vredendal

Beriggewer: A Beelders

Datum: 22 Junie 2017

 

Vlv bestuurslede aan die woord:

 

Nonnie van Wyk, Pat de Waal, Sophie Malan, Dalene Hein, Alta Wiese, Rita Eitner en Sanet Ras Voorsitter

 

By die onlangse VLV vergadering het die bestuurslede elk ‘n baie interessante bydrae gelewer. Dalene Hein het by dr Avenant se olyfboerdery gaan kers opsteek en haar kennis met die lede gedeel. Olyfbome dra eers 4 jaar nadat hul geplant is, en daarna net elke tweede jaar. Olywe word met die hande of met harke geoes. Olyfolie word van helfte ryp en helfte groen olywe gemaak, en 7 kg is nodig vir 1 liter olie. Die nuttelose afval word weggegooi. Olyfolie hou 24 maande en word gewoonlik in ‘n bottel met donker glas bemark vir ‘n langer leeftyd. Dit bevat sterk oksidante en is hoog in vetoplosbare vitamines soos vitamine A, D, E en K. Olywe word bemark as olie, gepreserveer, tapenade of as vars olywe.

 

Pat de Waal het met die oog op die winterverkoues vertel wat kan help om dit te beveg. Soos ‘n teelepel heuning en ‘n knippie kaneel in groen tee, of ‘n teelepel appelasyn en ‘n teelepel heuning in ‘n koppie warm water. Die waarde van gemmer, borrie, komyn en selfs knoffel moet nie onderskat word nie. Sonskyn bevorder vitamine D in die liggaam – maak dus gebruik van die wintersonnetjie.

 

Rita Eitner het daarna die lagspiere geprikkel met ‘n skreeusnaakse storie van die chaos veroorsaak toe ‘n troeteldier-muishondjie onder groot skrik van sy chemiese wapen gebruik gemaak het.

 

Nonnie van Wyk het ‘n demonstrasie gegee van die mooi, eetbare kunsfiguurtjies en blomme wat sy uit verskillende kleure fondant maak.

                    

Nonnie van Wyk besig met demonstrasie                                          Figuurtjies wat oorgetrek word met verskillende
kleure fondant

 

Sophie Malan het hulde gebring aan die skrywer P G du Plessis met ‘n kort lesing oor hom en sy werk.

 

Alta Wiese het afgesluit met ‘n oorsig oor die stand van VLV finansies.

 

Die uitstalling van lede se troufoto’s het die vergadering ekstra interessant gemaak en vir baie herinneringe gesorg.

 

                          

Leerders van Vergenoeg Primere Skool.                                                Pat de Waal, Alta Wiese en Nonnie van Wyk –                                                                                                                                    items ingesamel vir die Skool

 

                      
Elmarie Fouche, Sophie Malan, Sanet Ras en Mnr Newman                 Dalene Hein, Rita Eitner, Alta Wiese                           Uitstalling van troufoto’s                                                                            en Sophie Malan