Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Studierigting: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Annalie Roux
Datum:15 Junie 2017
Die uitwerking van MIV en VIGS op die gemeenskap
Mev Logy Murray, betrokke by CABSA, die Christen Vigsburo, spreek die vergadering toe.
Statistiek wereldwyd in 2015 was dat 35 miljoen mense met MIV leef waarvan 3,2 milj kinders, 2,1 milj volwassenes en 4,2 milj ouer as 50 jaar is. RSA se syfers in dieselfde tyd was dat 1 uit elke 10 (6milj) mense met MIV leef. Daar is minstens 25 000 nuwe infeksies elke week onder volwassenes en jong vrouens en duisende vigswesies. 30% sterftes in RSA is vigsverwant.
CABSA help geloofsgemeenskappe om:
MIV en VIGS, die epidemie en die drywers van die epidemie te verstaan
God se stem binne die MIV pandemie te hoor
Omvattend en verantwoordelik tov MIV en VIGS op te tree en uit te reik
Daar is wel hoop vir die pasiënte, behandeling is bekikbaar en maak n groot verskil aan die lewensverwagting. Bewusmaking onder die gemeenskappe is belangrik, daarom het die Dias NG Gemeente n vyfjaar Vigsprojek geïmplementeer wat gaan fokus op die behoeftes in die Boesmans/Kentonomgewing.
Lapelwapens en swart klere word op Donderdae gedra as deel van die THURSDAYS IN BLACK projek in solidariteit, protes, rou, bewusmaking en hoop tov ‘n wêreld sonder verkragting en geweld
Lede van Alexandria tak
Mev Logy Murray
Die kenteken wat gedra word vir bewusmaking van VIGS en MIV
Leave A Comment