Sirkel: Overberg
Tak: Hermanus
Portefeulje: Kuns en Handvlyt
Beriggewer: Diana Lambrechts
Datum: 14 Junie 2017
Weens al die Fine Arts uitstallings in Hermanus was die VLV genoodsaak om hul maandvergadering in die NG Kerk te hou.
VLV vergadering in die NG Kerk.
Heel gepas was die gasspreker die beeldhouer Ds Jaco Sieberhagen.
Jaco sê om kunstenaar te wees is ‘n wonderlike reis want jy weet nie wat die eindbestemming gaan wees nie. Gister is ‘n droom en môre net genade.
Ds Jaco Sieberhagen
Hy het 31 jaar gelede begin met houtbeelde, en was so gelukkig om ’n uitnodiging na Taiwan te kry om aan die “Wood Carving Event” te gaan deelneem. Houtbeelde is daar baie tradisioneel en tog maak hulle net gebruik van bome wat omval, geen boom word afgekap nie.
Die houtstof het egter gesondheidsprobleme gegee en hy moes oorskakel na staal.
Beeld “ Let the swallows go” Laat gaan jou kinders
Verskeie fotos van beelde word vertoon, en elkeen vertel sy eie storie wat hy met die vergadering deel sodat almal dit kan beleef en daaroor dink. Beeldbou begin met ‘n idee, gedagte of ‘n boodskap wat jou dan op reis neem en daarna volg die sketse op rekenaar dan die staal sny en die aanmekaarsit en laaste die verf .
Beelde praat met jou, die Satire beelde sê stop en dink!! Dan is daar ook die konfrontasie beelde.
Natuur is vir hom belangrik. Dit moet in jou gedagte wees en dan spoel dit oor in jou hande.
Elke mens het sy eie opinie oor kuns en hy leef daarmee saam – elkeen op sy eie manier.
.
Leave A Comment