Sirkel: Overberg

Tak: Caledon

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Yvonne Pretorius

Datum: 1 Junie 2017

 

Caledon VLV tak met Retha Skein as Voorsitter, was baie bevoorreg om besoek te ontvang van Rienie Ludick, President van Sirkel Overberg asook Ronel de Villiers, Sirkelsaamroeper vir Kuns en Handvlyt.

 

Dames teenwoordig:  Ronel de Villiers (regs) Overberg se Sirkelsaamroeper vir Kuns en Handvlyt en in die middel met pers Rienie Ludick, President  Sirkel Overberg

 

Liza Visagie, Saamroeper, Kuns en Handvlyt en haar span met Corrie Fogwell en Toeks Matthee was die gasvroue vir die dag en het ‘n baie interessante middag gereël vir die 15 dames teenwoordig.

 

Ronel de Villiers het die dames ‘n “quilling” les gegee. Elke lid is gevra om spelde, potlood en skertjie te bring. Elkeen het ‘n afdruk van ‘n blommetjie ontvang wat op ‘n kurkbord met die spelde vasgepen moes word en kon kleure kies vir hul blomme vanuit pragtige pakke met verskillende kleure papierrepies.

 

 

 

 

 

 

 

Ronel de Villiers, Overberg Sirkelsameroeper vir Kuns en Handvlyt

 

 

 

 

 

 Voorbeeld van baie klein “quilling” werk.

 

“Quilling” bestaan basies uit dun repies papier wat styf oor ‘n “quilling” pen gedraai word. Die repies word in ‘n gleuf aan die voorpunt van die pen geplaas en na regs opgedraai.   Daarna word die rolletjie afgetrek van die pen en ’n bietjie skiet gegee om die blomblaartjie so groot te maak soos verlang.    Al die blomblaartjies word dan aan mekaar vasgegom en in plek gehou met die spelde.    As die blom klaar gemaak is, word dit verskuif vanaf die kurkbord na byvoorbeeld die buite blad van ‘n kaartjie. Die minder mooi kant van die blom word op die kaartjie vasgegom.

 

Twee van die blomme deur dames op die dag gemaak

 

 

Toebehore benodig vir “quilling”

 

Na hierdie baie interessante kunsles, wat ‘n absolute nuutjie was vir die meerderheid dames teenwoordig, is hul getrakteer op heerlike skuinskoek,  barone koek en potbrood met patee.

 

Corrie Fogwell, Toeks Matthee, Liza Visagie, Ronel de Villiers en Rienie Ludick