Sirkel: SWD
Tak: Klein Brakrivier
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Marietjie Bothma
Datum: 30 Mei 2017
Comine Kok, van Mos-Mooi, die nuwe kunswinkel in die Fraai Uitsig-winkelsentrum, het met die vergadering van die VLV Klein Brakrivier ‘n demonstrasie gedoen hoe om ‘n eenvoudige houtboks met slim verftegnieke te omskep in ‘n pragstuk.
Comine Kok het April die pragtige kunswinkel in die Fraai Uitsig-winkelsentrum geopen. Sy het ‘n groot verskeidenheid voorraad wat wissel van scrapbookpapier, verf, serpe, beursies, juwele, sakke, oorbelle, krale. Sy bied ook werkswinkels aan. Met spesiale dae soos bv. vadersdag kan jy ‘n baie mooi opgemaakte bederf geskenk bestel. Meer fotos en nuus ook op facebook en WhatsApp 082 446 8570.
Graag bedank ek elkeen vir die geleentheid om by jul te kon kom kuier. Dit was lekker om elkeen te ontmoet en hoor wat jul doen en beplan. Beste wense en voorspoed vir die res van die jaar. Groete.