Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Berriggewer: Erika Kotzé

Datum: 24 Mei 2017

 

Kunste en Handvlyt vergadering: Raiël wys lede hoe om houtlepels te kerf

 

Nieuwoudtville VLV se Kunste en Handvlyt portefeulje het op 24 Mei 2017 in die kerksaal vir Raiël as ‘n besoeker gehad wat aan lede gedemonstreer het hoe om houtlepels te kerf. Daar was ook ‘n uitstalling gehou om lede bekend te stel aan die  2018 konferensie kompetisie items.

 

 

 

Raiël le Roux is ‘n passievolle ontwerper en vervaardiger van onder andere deurknoppe, skarniere en ander kwaliteit hardeware wat gebruik word by kombuis en ingeboude kaste. Sien sy webtuiste https://www.raiel.com vir meer besonderhede. Hy het egter nie net sy produkte kom bekendstel nie, maar het aan die lede gedemonstreer hoe om houtlepels te kerf. Lede en veral mans-besoekers het behoorlik aan hierdie talentvolle man se lippe gehang!

 

 

 

 

 

 

 

 

Mans woon ook die vergadering by

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die uitstalling van die 2018 konferensie items het ingesluit: skildery in pastel van spelende kinders, quilling muurpaneel vir slaapkamer, foto van ouma het ook een, gedig oor ligvoets deur die lewe, leer halssnoer en die boekbespreking van Katryn deur Winnie Rust.

 

Skildery in pastel van Spelende Kinders

 

 

Quilling muurpaneel vir slaapkamer

 

 

Lede het ook deelgeneem aan die volgende tak-kompetisies: Hotcross buns, foto van kokerboom, kweperrol, granaatstroop, A4 skets in pastelle van spelende kinders asook ‘n rangskikking waar vrugte of blomme as ‘n houer gebruik word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vrug of groente as houer

 

 

 

 

 

Baie dankie aan die hele Kunste & Handvlyt span se harde werk en toewyding om ‘n suksesvolle vergadering te hou.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tafelversiering