Sirkel: Kalahari

Tema: Leefstyl

Tak: Vryburg

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 23 Mei 2017

 

Alta van Schalkwyk het vertel hoe die projek van trooskomberse in die gemeenskap van Piet Plessis ontstaan het. Hul vergader een maal per maand en het die afgelope jaar reeds 47 komberse voltooi wat aan persone oorhandig word wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het. Daar word besluit op skakerings van kleure en almal werk dan saam aan die projek, elkeen kies egter watter patroon binne haar vermoë is. Sommiges hekel blokke met letters wat die naam van die betrokke geliefde vorm. Die projek is baie terapeuties, vir diegene wat daaraan werk maar ook vir dié wat die voltooide kombers ontvang.

 

 Alta van Schalkwyk en Carien-Mari Brink met een van vele trooskomberse wat al voltooi is.

 

 

 

 

 

 

Marietjie Steyn, Carien-Mari Brink, Esta Twigge, Nellie Vljoen en Eurika Byleveld ontvang sertikfikate vir prestasies tydens konferensie. Arine Bosch was afwesig met die neem van die foto.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

As deel van die tak se gemeenskapsbetrokkenheid, het lede die bejaardes van Rusoord bederf met tuisgemaakte eetgoed. Memory Scholtz, Gerrie Fourie, Nellie Viljoen en Esta Twigge was behulpsaam by die geleentheid

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lede het breinaalde geskenk om Caritas te ondersteun met ‘n breiprojek vir vroue in die gemeenskap.