Sirkel: Middelland

Tak: Willowmore

Beriggewer: Jackie Barnardt

Datum: 23 Mei 2017

 

VLV Willowmore Vintage Vrouedag

 

VLV Willowmore hou elke tweede jaar ‘n Vrouedag. Hierdie geleentheid word gebruik as fondsinsameling sowel as ‘n vertoonvenster. Dit is ‘n dag vol van inspirasie en lekker kuier. Die dekor, uitstallings en kleredrag sluit aan by die terma naamlik vintage. Dames van Aberdeen, Rietbron, Willowmore, Steytlerville, Uniondale en Port Elizabeth het die dag bygewoon. 2017 is dit ook VLV Willowmore se 75ste bestaansjaar.

 

Die gasspreker was die bekende skilder, Maria Oosthuizen van Mosselbaai. Sy deel haar pad wat sy gestap het en hoe God haar gelei het en hoe sy in  2006 besef het dat sy moet begin skilder. Sonder enige opleiding, agtergrond of kennis van kuns het sy besef sy het ’n skeppingsgawe van die Skepper van die heelal ontvang. Die beste wat sy kon doen was om te vat wat Hy aan haar gegee het en om te skilder met alles in haar, om Hom daardeur te eer.

 

Mev. Maria Oosthuizen (skilder)

 

 

Hul leuse is: why be ordinary if you can be extraordinary.

Joan Carstens en Cornelle Carstens van Déjà vu Vintage House & Monroe Teater in Mosselbaai het ‘’n vintage uitstalling gedoen. Joan vertel van haar liefde vir vintage klere, vir volwassenes en kinders wat te koop en te huur is. Bykomstighede soos hoede, juwele, handsakke ens. is beskikbaar. Déjà vu Vintage House vier alles wat vintage is. Hul teater wys klassieke-, kuns- en vintage-films weekliks volgens afspraak. Dit is ook die tuiste van die tradisionele vintage fyn tee en kinder-teepartytjies.

 

 

 

 

Cornelle Carstens lewer ’n kabaret vertoning en doen ’n polsende tango.

 

VLV Willowmore stel hul resepteboek, Karoo Hartskos, bekend. ’n Demonstrasie van die pannekoek -koek en hoendervlegsel uit die resepteboek word gedoen. Boeke is beskikbaar teen R100. Kontak Jackie Barnardt by 0824399954 of [email protected]

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Karoo Hartskos

 

 

 

 

 

 

 

 

                   Karoo hartskos

 

 

                                   

Mev. Jackie Barnardt (Voorsitter VLV Willowmore) ,                           Mev. Sunette Nortjé, Mev. Jackie Barnardt,

Mev. Maria Oosthuizen                                                                               Mev. Rita Vorster, Mev. Joan Carstens