Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 23 Mei 2017

 

Aberdeen VLV Tof Op Vir Willowmore Vrouedag

 

Vir die Mei 2017 vergadering woon Aberdeen VLV die Willowmore Vrouedag by.  Die tema is Vintage en dit was ‘n spoggerige geleentheid wat lede die kans gebied het om bietjie op te tof en iets te beleef van die fleur van ‘n vorige era.

Die hoofspreker van die dag is die bekende skilder, Maria Oosthuizen van Mosselbaai.  Sy vertel haar verhaal van hoe sy ‘n pad met die Here stap en hoe sy begin skilder het.  Joan Carstens van Monroe Teater, ook in Mosselbaai, doen twee verhoogstukke wat die vroue laat skaterlag.  Cornell Carstens vertel meer van wat Monroe Teater bied, nl teaterstukke, klassieke films, teekamer, vintage winkel en funksies.

Die dag het ook saamgeval met Willowmore VLV se 75ste verjaarsdag en ter viering stel hulle ‘n resepteboek, Karoo Hartskos, bekend.  Daar is verskeie stalletjies met interressante produkte en die oggend word afgesluit met ‘n heerlike middagete.

 

Foto 1   Agter vlnr: Elna van Niekerk, Estelle van Wyk, Carina Esterhuizen, Lea van der Vyver, Heidi Lombard, Annalie Lategan

Voor vlnr: Suzanne Lategan, Stephnie van Zyl