Sirkel: Tygerberg
Beriggewer: Antoinette le Roux
Datum: 19 Mei 2017
Sirkel Tygerberg se jaarlikse Pik-en-Proe was weer ‘n reuse-sukses. Elke tak trek die naam van ‘n land en berei dan ‘n gereg van daardie land voor, dus altesaam 8 ete porsies en 3 nageregte – genoeg kos om ‘n man se maag met smaaklike klein porsies te versadig.
Die dames wat bedien, is dan ook geklee om hul land te verteenwoordig.
‘n Gesellige aand wat die Sirkel se beursie ‘n stewige hupstoot sal gee.
Leave A Comment