Sirkel: Middelland

Tak: Alexandria

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Annalie Roux

Datum: 18 Mei 2017

 

 

Tydens die maandvergadering van Alexandriatak is ‘n kers opgesteek om hulde te bring aan  Afrikaanse skrywers. Daar is ook hulde gebring aan die skrywer Karel Schoeman wat onlangs oorlede is. Marlene van Niekerk , Frederik Backman en Breyten Breytenbach se agtergrond, skryfstyl en boeke is bespreek en boeke is uitgestal.

 

Heila de Villiers steek die kers aan

 

 

Irene Kaales, arbeidsterapeut met 42 jaar ondervinding was die gasspreker.  Sy het vertel hoe sy gestremde pasiënte en pasiënte met breinbeserings kon help met rehabilitasie  deur  gebruik te maak van Macrameknope- en tegnieke. Blinde mense kan ook baat daarby vind en mense in ouetehuise.

 

 

 

 

Irene Kaales wys vir Louise van Vuuren en Edith Barris voorbeelde van knope

 

Haar ervarings in staatshospitale in die Johannesburgomgewing in die sewentigs en die Angola grensoorlog het haar geleer om met min klaar te kom en het meestal herwinde items gebruik om haar werk te kon doen. Sy maak gebruik van proppies, skulpies en afvalprodukte om haar werk af te rond.

 

 

 

 

 

 

Macrame is die kuns om dmv verskillende knope dekoratiewe artikels te maak. Die Arabiere het reeds in die 13e eeu hierdie knope gebruik om hul tente stewig te hou  en later  in die 15e tot 19e eeu het seevaarders dit ook aangewend in hul daaglikse aktiwiteite.

 

 

 

 

Ria Schoeman en lede oefen die knope

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Planthangers in die sestigerjare was baie gewild en tydens die hippiebeweging is armbande, juwele, halsbande en handsakke daarmee gemaak. Tans is handsakke baie gewild asook gordyne en lampskerms.

 

Verskillende diktes en soorte tou of lyn word gebruik en elkeen het ‘n ander effek. Dikker tou gee beter kontrole en growwe tou help ook met sensoriese  ontwikkeling. Verskillende knope is gedemonstreer, n groot hout borduurring is daarvoor gebruik. Elke lid kon die knope oefen aan n klein ronde houtgordynring. Hierdie kennis en vaardigheid gaan aangewend word in die Junie kompetisie.

 

Irene Kaales demonstreer Macrameknope