Sirkel: Tygerberg
Tak: Brackenfell
Beriggewer: Lettie Van Wyk
Datum: 18 Mei 2017
Op ‘n lieflike herfsdag het 12 lede van Brackenfell plus een van ons mans, na Stellenbosch gereis vir ‘n onvergeetlike uitstappie. Eers het ons die Rupert Museum in Stellentialaan besoek. Die kosbare kunsskatte is genoeg om jou asem weg te slaan, en ons het in vervoering van een saal na ‘n ander gedwaal. Besonder interessant is die saal waarin die Spoorwegpanele, geskilder deur Pierneef, uitgestal word. Hierdie museum is werklik ‘n besoek werd. Daar is te veel om in te neem vir net een enkele besoek!
Groep van 12 lede oppad na Stellenbosch.
Volgende was die Speelgoed- en Miniatuurmuseum aan die beurt. Hier het die kind in elkeen uitgekom en daar is ver teruggedink en beelde van eie speelgoed is opgeroep en aangename herinneringe is gedeel.
Die Limpie Basson Versameling motortjies is langs ‘n hele lang gang uitgestal. Daar is gewonder wat van al die klein seuntjies van lank gelede, se Dinky toys geword het.
Stootwaentjies waarin poppe desjare in gestoot is, en al die poppe wat op uitstalling is, is werklik besonders, om nie eers te praat van die mooiste porselein teestelletjies en selfs ‘n volledige porselein eetstel waarmee klein handjies gespeel het – so pragtig bewaar!
Poppe en stoorwaentjies.
Porselein tee- en eetstelletjies
Die landskap wat gebou is waarlangs ‘n treintjie ry as mens R5 in die gleuf gooi, is so lewensgetrou soos kan kom.
Die treintjie
Op ons pad terug huistoe het ons by die wynplaas Hartenberg, op die Bottelarypad, aangedoen vir ‘n heerlike ete en kuier onder die bome. Altyd lekker om so saam te kuier en ons sê baie dankie aan Thea wat altyd so baie moeite doen om ons uitstappies besonders te maak!
Yvonne Labuschagne, Fanny le Roux, Mollie Craven en Bettie Döckel.
Dankie Lettie vir die artikel en dankie Thea vir die reëlings vir die dag!
Dankie Lettie vir al die mooi foto’s en die beriggewing. Doe so voort!