Sirkel: Weskus

Tak : Velddrif

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 17 Mei 2017

 

Die oggend is ingekleur deur ‘n verskeidenheid, naamlik: Elize de Meilon ‘n afgtrede onderwyseres, wat haar liefde in matte en juwele uitleef. Sy wys ons die verskil tussen Persiese –  en ander Oosterse matte. Sy reis gedurig oorsee en koop matte en juwele van Oosterse lande aan. Sy vertel dat die tipe matte deur nomadiese groepe gemaak word in die Ooste en in Noord-Afrika en elke groep sy eie knoopwerk doen, en so word dit uitgeken. Oosterse matte word op tradisionele manier gemaak – dit is hul vorm van kuns, maar hul gebruik dit  vir matte om op te slaap, en tente vir skuilings. Die matte se name word gekoppel aan plekke en streke. So word familiename gekoppel aan matte en vorm dit ‘n tipe standaard en kwaliteit. Geweefde matte kan horisontaal of vertikaal geweef word, hang af van die spasie waarin gewerk word. Handgeweefde matte word uitgeken aan die fraaiings buite om wat geknoop is en ook handgekleur is. Daar is foute op die matte wat hul egtheid weerspiëel. Matte is in stowwe soos, sy, wol en katoen beskikbaar. Chemies-gekleurde matte bleik uit.

 

Elize de Meilon – Verkoop Persiese matte

 

Egte brons Juwele uit die Ooste

 

 

 

 

 

 

 

Donovan Duthie van Velddrif Decor het voorbeelde van kussings en ander stoffeerwerk uitgestal. Hulle vervaardig gordyne en enige soort materiaal blindings.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Cornelia van Dyk het ‘n Justine uitstalling gehad met Moerdersdag geskenke en die noodsaaklikheid van Tissue Oil vir ‘n droë vel verduidelik.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nelene Louw en Lynette Visser wys tydens ‘n modeparade die nuutste modegiere in poncho’s en krale.