Sirkel: Paarl

Tak: Suider-Paarl

Portefeulje: Kuns en Handvlyt

Beriggewer: Elsa Hanekom

Datum: 17 Mei 2017

 

 

 

 

 

Mei-maand is verjaarsdagmaand en Suider-Paarltak vier haar 62ste verjaarsdag.  Die saal en tafels is feestelik versier om ons verjaarsdag te vier.

 

 

 

 

 

Feestelike tafel

 

 

 

 

 

 

Kentekens word jaarliks in die verjaarsdagmaand uitgedeel aan alle lede wat spesifieke mylpale gedurende die jaar bereik het.  Ons deel kentekens uit aan Tia Dixon vir 5-jaar lidmaatskap, Gonny du Plessis en Cecile van der Spek vir 40-jaar lidmaatskap en Reta Bester en Wiena van der Merwe vir 55-jaar lidmaatskap.

 

Wiena van der Merwe (55 jaar), Tia Dixon (5 jaar), Reta Bester (55 jaar), Gonny du Plessis (40 jaar) en Cecile van der Spek (40 jaar)

 

VLVK kentekens word ook uitgedeel aan lede wie sedert 2015 aangesluit het en nog nie hul kentekens ontvang het nie.

 

Dié nuwe lede het hul VLVK kentekens ontvang.  Elaine Delport (2016), Ducky Botes (2015), Elsa Hanekom (2015), Marie Hammann (2017), Karen Visser (2017) en Marie Neethling (2016)

 

Marie Hammann, beter bekend as Tannie Drama, gesels oor lag.  As ysbreker laat sy almal kliphard lag en dit raak dan ook die tema van die oggend – baie skaterlag!

 

Marie verduidelik hoe gesigspiere werk as jy lag en vertel hoe gesond lag vir die mens is.  Lag is byvoorbeeld ‘n gesonde medikasie teen depressie.  Drie tot vier minute se lag uit die maag is gelyk aan die klim van twee stelle trappe.

 

Volgens statistiek is 20 tot 24-jariges gemiddeld drie tot vier dae in die maand ongelukkig terwyl persone in die ouderdomsgroep 65 tot 74 slegs twee dae per maand ongelukkig is.

 

Sjimpansees is die enigste dier wat lag – al klink dit meer soos ‘n saaggeluid.

 

Marie nooi drie van die lede om saam met haar ‘n stuk op te voer oor die Fransman en sy drie nooiens – weereens lê ons van die lag.  Sy dra ook ‘n stuk prosa, Stortreën deur Boerneef, voor.  Die stuk handel oor ’n Kleurlingseun wat ten spyte van die yskoue reën wat hom deurdrenk laat, met opregte vrolikheid sy stootkarretjie met vis stoot terwyl hy onophoudelik sing.

 

Die Fransman en sy nooiens (Joey van Zyl, Wilma Kock, Marie Hammann en Tia Dixon)

 

Marie is een van die nuwe lede wat hierdie maand in Suider-Paarltak verwelkom is.

 

Nuwe lid, Sandy Weaving