Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 16 Mei 2017

 

‘n Onderwyseres wat daarvan hou om kinders op te voed EN om haar eie huis, asook die huise van haar vriendinne mooi te maak – dit is Talita Stemmet.  Sy het op ‘n energieke wyse skeppende herwinning kom demonstreer.  Bottels van alle vorms van heinde en vêr word omskep in die pragtigste houers vir blomme en ander geskenke.  Jy hoef nie ‘n bloemis te wees om eenvoudige blomme in hierdie bottels te rangskik nie.

 

Sy is vir ons lede ‘n inspirasie want sy ontbreek nie aan entoesiasme nie.

 

 

 

 

 


Talita Stemmet (spreker) en Lynette Grovè (sameroeper).