Sirkel: Overberg

Tak: Hermanus

Beriggewer: Diana Lambrechts

Datum:  16 Mei 2017

 

 

 

Hermanus-tak was die gasvrou vir Overberg-Sirkel se Inligtingsdag. Waardevolle wenke is gegee en ons deel graag ‘n paar wenke met ander lede, veral met die oog op die 2018 kongres.

 

 

Sirkel President Rienie Ludick open die dag.

 

 

 

 

 

 

 

Gebruik houtskool vir jou skildery in pastel, nooit potlood nie. Skud gereeld die stof versigtig van jou papier af en vestig jou tekening met haarsproei.

 

Voorbeeld van skildery in pastel: Spelende kinders

 

Vir die quilling moet jy heel eerste jou prent uitsoek en daarop let dat die prent nie so dig soos verlede jaar gaan wees nie, dit moet iets wees wat vloei.

 

Natuurlike lig is die heel beste vir die neem van fotos.  Sonsopkoms of ondergang is die heel beste tyd. Indien in vol son, soek ‘n skadukol.  Kontras en kleur is ook baie belangrik.

 

Met die skryf van ‘n gedig is dit belangrik dat jy kennis dra van dit waaroor jy skryf.

 

Vir die kloskant, weefwerk sowel as borduurwerk word dit beklemtoon dat u liewer 2cm groter gaan as die vereiste minimum grootte.

 

Die parswerk van masjienwerk moet te alle tye met ‘n klam lap gedoen word. Vir die pars van die oortrektrui kan u die pante op ‘n growwe oppervlak vassteek en dan met ‘n yster op ligte stoom so 3cm bokant die breiwerk stoom.

 

Lede luister en bespreek

 

By gebak word aanbeveel dat u bestanddele vars en kamertemperatuur moet wees. Indien eiers in die yskas was laat dit ‘n rukkie in louwater lê. Indien ‘n resep vra vir sagte margarien moet dit nie smelt nie, sit dit in mikrogolfoond op ontdooi en hou dop dat dit nie smelt nie.

 

Die blomdeskundige se raad is: lees jou voorskrifte en onthou wat mag en wat mag nie; wat moet en wat moenie.

 

Handgemaakte blomme deur Jeff Milne.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Voorsitter Hermanus bedank almal