Sirkel: Tygerberg

Beriggewer: Antoinette le Roux

Datum: 15 Mei 2017

 

Gebak  Inligtingsdag

Op Maandag, 15 Mei 2017, het Elmine Möller, Sirkel Tygerberg se Sameroeper vir Leefstyl,

‘n inligtingsdag gehou. Sy het al die voorgeskrewe geregte gemaak en saamgebring sodat dit bespreek en geproe kan word.

 

                           

Malvalekkers en hul verpakking

 

Om goeie malvalekkers te maak, vereis (verkieslik) ‘n suikertermometer en  baie geduld.   Sny die blokkies eweredig 3 x 3 x 3 cm.   Die lekkers was styf en sponsagtig en het baie lekker gesmaak.  Verpakking is belangrik by lekkers.   Sy het aanbeveel dat ‘n mooi dosie , uitgevoer met sneespapier, gemaak moet word.

 

 

 

 

 

 

 

Dadelbrood

 

Vars of gedroogde dadels kan gebruik word.   Die dadelbrood se tekstuur was mooi fyn en die vrugte was goed versprei.  Ook ‘n mooi kleur.   ‘n Baie aangename smaak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

                    

Die quiche 1 en 2

 

 

 

 

 

 

 

 

Die kaas en spekvleis quiche het mooi gelyk en lekker gesmaak. Die prikmerke in die kors moet deeglik verseël word met die eiergeel sodat die melkmengsel nie onder die gebakte kors inloop nie.  Dan bly die middelste deel nog klam.

Soos wat dikwels met mikrogolfgeregte gebeur, moet jy versigtig wees omdat die middel onder maklik ‘n donker kol kan vertoon.  Plaas die tertbord op ‘n omgekeerde piering en hou dit dop in die laaste 3 minute van die baktyd.

 

 Elmine Möller en Ita van der Merwe

 

Verder is die mayonnaise geproe, maar dit het nie by almal byval gevind nie.

 

Ook drie houers met kweperjellie was beskikbaar om te proe.  Dit is op verskillende grade van rypheid van die kwepers gekook.

 

Ons bedank Elmine graag vir haar leiding .