Sirkel: Noordoos-Kaap
Sirkeldag
Beriggewer: Marieka Bekker
Datum: 13 Mei 2017

 

Dordrecht was die gasvroutak wat die Sirkeldag aangebied het

 

Lenie Fourie het geopen deur ‘n toksak oop te maak en ‘n ligte truitjie daaruit aan te trek. Soos wat sy die verskillende probleme opgenoem het wat daardie oggend oor haar pad gekom het, het sy nóg klere uit die toksak bo-oor mekaar aangetrek. Nou het sy al die ekstra klere aangetrek en was sy te warm en ongemaklik. Netso trek ons in die lewe onnodige goed aan en dra met ons saam wat ons ongelukkig maak en belemmer om voluit te lewe. In plaas daarvan om in die oggend die Here te dank vir al die seëninge! Lenie het gesȇ dat ons eerder dankbaar moet wees en nie alles as vanselfsprekend moet aanvaar nie.

 

Opgewonde het die klomp VLV-vroue hul plekke ingeneem en gretig begin notas neem vir die kompetisies wat in Maart 2018 ingehandig moet word by die konferensie te Ugie. Megan Moorscroft en Izak van Heerden, beide van Sterkstroom, het die Leefstyl-kompetisies hanteer, VLVK s’n asook Ingelegde perskes; Koeksisters;  Grondboontjielekkers  (Peanut  brittle); Lintborduurprent; Moffie handskoene;  en ‘n Teenet met gehekelde versierings.

 

Sirkeldagaanbieders: Links na regs; Irmal Davel – Kunste; Marie Pretorius –Blomme; Megan Moorcraft– Naaldwerk, Izak van Heerden – Gebak en Lenie Fourie – Landbou.

 

Lenie Fourie van Dordrecht het  vir Landbou die vlg. voorberei: Versierde bottels met kruie op ‘n plankie vir my kombuis, en vir Herwinning ‘n ou elektriese strykyster met mosaïek versier om as Deurstop te gebruik. Op die Kunste-front het Irma Davel van Molteno wenke gegee vir VLVK se kompetisies asook NOK se eie: Mixed media artwork; Colour-In An Animal; Scrapbooking:  My Pet (booklet made from toiletpaper holder); Rankskikking  Aanpasbare vroue –  oorbrugging van Toeka tot Nou; en die kleurvolle “WOW”-Teetafel;

 

Daar is so baie interresante wenke gegee en almal voel lus om amper al die items te maak! Die saamroepers wat elk ‘n demonstrasie gelewer het oor wat hulle verwag van die kompetisies, het baie moeite gedoen en pragtige items gemaak as voorbeelde vir die lede.

 

Antoinette van Pletzen, VLV NOK se president, het die administratiewe take afgehandel en almal huis toe gestuur met die gedagte:

 

 

Tyd is soos ‘n rivier, jy kan nie dieselfde water twee keer aanraak nie. Maak dus die beste van jou tyd en leef voluit. God is directing your steps.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dordrecht lede: Bertha Rossouw, Lida Rossouw en Annemarie Jordaan.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lede wat die dag bygewoon het.