Sirkel: Noordoos-Kaap

Tak: Molteno

Studierigting: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 11 Mei 2017

 

Soos altyd was daar groot pret en vrolikheid by Molteno se Mei-byeenkoms! Irma Davel het Mixed Media-benodigdhede saamgebring en gewys hoe dit gebruik moes word.

 

Eerstens het elkeen ‘n vierkantige plankie gekry wat met allerhande klein prentjies, seëls, flentertjies papier, ens. toegeplak moes word. Daarna het die groot soektog begin na ‘n fokuspunt-prent – uit verskeie pakke tydskrifte en bokse. Verskeie dinge moes in gedagte gehou word, soos dat die agtergrond nie die fokusprent moes oordonder nie. Dun verf is ook aangewend om die agtergrond ligter te laat vertoon. Nadat die groot prent in water geweek is, is dit met gom op die beplakte plank geplak en versier met klein detail waarvan daar weereens miljuisende uit te kies en te keur was. Ten slotte is die rande geverf. Daarna is trots foto’s geneem van die verbasende, pragtige skeppings!

 

 Groot konsentrasie!

 

Eindresultate!

 

 Voor: Koba Jordaan, Liezl Stier, Baby Cloete en Sirkelpresident Antoinette van Pletzen

Agter: Deona Havenga, Ray Andrews, Helen Noorman, Nita de Wet, en Irma Davel.