Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Murraysburg
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Theresa Troskie
Datum: 10 Mei 2017
Son-gaan-onder-volmaan-kom-op!
VLVK is geaffilieer by die Wêreldbond van Plattelandse Vroue. Jaarliks op 29 April het die WBPV ’n projek Woman Walk the World. Om ons ondersteuning te toon, probeer takke in Noord-Karoo elke jaar iets oorspronkliks op hierdie dag, of ‘n dag na aan hierdie datum doen.
Hannelize van Heerden, sameroeper vir Opvoeding en Kultuur van Murraysburgtak, het vanjaar diep gedink en deeglik beplan! Op ‘n uiters koue, winderige 10 Mei, het 3 lede en een gas om kwart voor 5 die middag, in die dorp bymekaar gekom. Elkeen was bewapen met ‘n warm baadjie en ‘n rugsakkie met die nodige verversings! Hulle het toe die stewige stap teen Dokterskoppie uit, aangepak. Daar het hulle die son sien ondergaan en die volmaan sien opkom. Hierop moes natuurlik ‘n glasie geklink word!
Moeë stappers klink ‘n glasie
Leave A Comment