Home/Kraggakamma, News/Die nuutste wintermodes

Die nuutste wintermodes

Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Margaret van der Mescht

Datum:  9 Mei 2017

Karel Leerink van Truworths is die spreker by ons vergadering. Karel is nie net Area bestuurder vir dié winkelgroep nie, maar werk ook vir die bemarkingsafdeling as stilis en het in dié hoedanigheid al talle “persoonlikhede” geklee.

Karel Leerink lig ons in oor die nuutste wintermodes.

Vanjaar se mode word beïnvloed deur die modes van die 60’s, 70’s en 80’s.

Mode verander,

maar tog bly dit dieselfde.

Dit gaan nie oor wat jy dra nie, maar hoe jy jou kledingstukke kombineer. Vanjaar se mode word deur sportdrag beïnvloed en gekombineer met aanddrag.  By die keuse van skoene is ‘trainers’ baie gewild. Dag-  en aanddrag word saam gedra sodat dit nie moet  lyk of jy na `n funksie gaan nie. Denim is steeds baie gewild en jy kan byvoorbeeld `n denim langbroek, `n bloes vir die aand en blink sportskoene as kombinasie aantrek. Die sweetpak is ook groot nuus op die wintermodefront.

`n Voorbeeld van die skoene wat nou baie gewild is.

Kleure vir die winter is pienk met `n bruin ondertoon, bessiekleure, militêre groen, poukleure  en blompatrone. Frille en kant is steeds baie gewild die winter. `n Kombinasie van materiale word in kledingstukke gekombineer, bv.  fluweel en satyn. Breidrag is steeds `n treffer en jy kan jou lekker toevou in die bonkige stukke.  Jy kan `n kort baadjie oor a-simetriese kledingstukke dra.

Moenie vir elke geleentheid nuwe klere koop nie. Daar is `n maklike manier om klere op `n nuwe manier te dra.  Ou baadjies en jasse kan vernuwe word deur ander knope daaraan te werk. Verander jou uitrusting deur ander bykomstighede saam met dit te kombineer.

Ons beperk onsself oor wat ons dink ander mense van ons dink. As jy selfvertroue het en gemaklik in `n uitrusting voel, dra dit gereeld.

By |2017-05-10T16:49:18+02:00Mei 10th, 2017|Kraggakamma, News|0 Comments

Leave A Comment

Go to Top