Sirkel: Paarl

Beriggewer: Elsa Hanekom

Datum: 6 Mei 2017

 

 

Hetta van der Merwe, Voorsitster van Paarl Aandtak het die Wêreldbond van Plattelandse Vroue se “Women walk the world”-stap gereël waaraan al vier die Paarl-takke deelgeneem het.

 

Saterdagoggend, 6 Mei 2017, het die dames by die Paarl-amfiteater bymekaar gekom en die pad bergaf geneem tot onder by die KWV in Hoofstraat.  Na die lekker bui reën wat Vrydagnag geval het, was die weer ideaal.  Die oggend was lekker koel, maar die dames het hulle vinnig warm gestap.

 

Dankie aan die mans wat die dames bo teen die berg afgelaai het en weer geduldig onder vir ons gewag het.

 

Die opkoms was ongelukkig teleurstellend en ons hoop om volgende jaar baie meer stappers te sien.

 

Dames van die 4 Paarl-takke reg om die sowat 3 km stap aan te pak.