Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Portefeulje:  Opvoeding

Beriggewer:  Elmine Möller

Datum: 3 Mei 2017

 

Hoe word Tuisversorging gedoen:

 

Op Woensdag, 3 Mei 2017, het Sr Andrea Titus, Geregistreerde Professionele Verpleegkundige, van die Koinonia Wellness Centre in Sarepta, Kuilsrivier, die Algemene Vergadering kom toespreek oor hoe die sentrum tuisversorging doen. Hulle is ‘n Nie Winsgewende Organisasie wat deur die Departement van Gesondheid gefinansier word en hulle dienste gratis aanbied.  Hierdie diens is in die meeste areas en groter dorpe beskikbaar. Hulle het 40 goed opgeleide versorgers wat in die Kuilsrivier area werk.

 

‘n Pasiënt/kliënt moet deur ‘n dokter na hulle verwys word.  Indien die familie voel dat hulle hulp benodig, kan hulle direk met die sentrum in kontak kom, wat dan ‘n verwysing aanvra.

 

Die kliënt en sy/haar omstandighede word dan geassesseer en 2 versorgers word aan die kliënt toegewys, wat dan 2 – 3 keer per week die kliënt tuis besoek om die persoon te was, oefeninge te doen, wonde te versorg en bloeddruk te neem.  Beide die pasiënt en die familie word ondersteun.

 

Indien die familie ‘n breek nodig het of vir ‘n ruk moet weggaan, is daar ‘n 5 bed eenheid waar die pasiënt versorg kan word. Hulle kan selfs staatspasiënte se medikasie vir hulle kry en uitdeel.

 

Bloeddrukmonitering, HIV toetsing, bloedsuikermonitering en wondsorg word by die kliniek gedoen.  Enige persoon mag van hul dienste gebruik maak.  ‘n Familielid van een van die lede het van hul dienste gebruik gemaak en het net lof vir hul dienste.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dit was voorwaar ‘n inspirasie om na so ‘n begeesterde verpleegkundige te luister wat haar werk geniet en die belang van die pasiënte eerste stel.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Sr Andrea Titus word deur Marlene Frank, sameroeper Opvoeding bedank.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hannie Groenewald bedank vir Mev Martie Jordaan, die beoordelaar van die oggend, na haar inspirerende kommentaar i.v.m. die dag se inskrywings.