Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Studierigting: Leefstyl 1
Beriggewer: Yvonne Neethling
Datum: 3 Mei 2017
Corlia Basson open die vergadering op gepaste wyse met 1 Tim 6 vers 16.
Corlia Basson open die vergadering
Marsha Green moedig verjaarsdag vriendinne aan met mooi gedagtes vir die jaar wat voorlê.
Ronel van die Jumpstart Gemeenskap sentrum moedig lede aan om betrokke te raak en te help met die leer van handvaardighede in die Gemeenskap in Langebaan.
Leefstyl 1 saam met Werner van der Walt
Werner van der Walt van Vanilla Man was die gasspreker. Die vanielje plant se groei tot prosesseringsproses is ongeveer 4 jaar voordat die regte vanielje geur/ekstrak gebruik kan word. Dit is baie arbeidsintensief en word meestal gekweek in Madagaskar. Naas Safraan is vanielje die tweede duurste spesery agv. hierdie proses. Werner het na die tyd van sy produkte te koop aangebied.
Werner verkoop sy produkte
Vanilla Man produkte
Kompetisie items was weereens van hoogstaande gehalte.
Kompetisie item: Skinkbord ruiker
Droomvanger – spinnerak ontwerp
Die leefstyl 1 se koektafels versier met vetplanne uit die streek was smaakvol en ‘n lus vir die oog
Vetplant versierings
Koektafels vir lekker kuier na die tyd
Leave A Comment