Sirkel: Weskus
Tak: Moorreesburg
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Martelize Britz
Datum: 3 Mei 2017
Eerstens het Anna Slabber vir die dames idees gegee om hul immuniteit te verhoog voor die verkoue-seisoen begin, bv. kry genoeg slaap, eet gesond, vermy tabakrook en kom 10 tot 15 minute per dag in die son. Eet ook twee maal per week seekos, eet hawermout en drink tee. Neem sink en ginseng, eet hoendersop en kry genoeg oefening.
Anna Slabber
Hierna het Denise Bester meer oor die waarde van inkleur vir volwassenes gesê. Dit verlaag die bloeddruk en verbeter jou konsentrasie. Sy het vertel van al die verskillende penne en papier wat beskikbaar is asook die verskillende tegnieke verduidelik.
Denise bester by die inkleur benodigdhede
Die derde spreker was Irma Fisher, ‘n baie kreatiewe vrou wat vir die dames kom wys het hoe om ‘n foto op lap te kry. Hiervoor gebruik sy ‘n “inkjet” drukker, spesiale “freezer” papier, katoenlap en ‘n strykyster. Dit is baie belangrik dat daar geen rafels aan die materiaal moet wees aangesien dit die drukker kan laat vashaak. Jy sit die spesiale papier met die blinkkant op die gestrykte materiaal wat so groot soos die papier gesny is. Maak seker hoe die drukker druk en voer dit dan deur die drukker. Nadat die foto gedruk is, moet die materiaal oornag gelos word tot droog, daarna stryk jy dit en sit dit in wit asyn vir ‘n dag. Laat dit droog word en stryk dan weer. Hierna sal die foto kleurvas wees. Sy het allerhande wenke gegee en vertel van Teflon papier wat hittebestand is, wat goed is vir handwerk, asook wanneer jy stryk.
Irma Fischer met foto op lap
‘n Baie kreatiewe vergadering en die dames kon van die materiaal waarvan Irma gepraat het, koop ook.
Leave A Comment