Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Cornelia van Dyk
Datum van gebeurlikheid: 26 April 2017
Aluminiumfoelie Kuns :
Celba Wessels ‘n afgetrede onderwyseres kom deel met ons haar passie vir kuns. Sy kry baie idees van “pinterest” en vernuwe dit. Sy het ons geleer om met foelie (Tin foil) te skilder i.p.v pewter wat baie duur is. Sy eksperimenteer graag, en gebruik die beste opsies wat koste-effektief is.
Celba Wessels demonstreer die Tin foil kuns.
Kuns vra tyd en geduld – so moenie jou item afjaag nie.
- Trek ‘n eenvoudige ontwerp met deurslagpapier op ‘n stuk spaander bord (chip board) af.
- Trek die lyne met “hot glue gun” oor
- Spuit bord met spuitgom
- Plaas swaar foelie oor prent en vul die prent heel op.
- Prent gereed vir verf. Gebruik deurskynende verf. (Gel stain)
- Seël die produk na die tyd met spuitvernis.
Jou skildery is gereed.
Van die kunswerke wat Celba gemaak het.
Marlene demonstreer om krale in te ryg vir ‘n tafeldoek gewiggie. Elke lid het ‘n tafeldoek gewiggie gemaak van haar eie keuse.
Lede ryg krale
Nog 2 nuwe lede sluit aan by die tak.
Nog items van foelie.
Bottels gebruik as lampstander
BAIE oulik!!! Dankie vir die deel!