Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 25 April 2017

 

Lize von Schlicht, wat eers haar honeurs in Sielkunde gedoen het en daarna op Aptekerswese besluit het, het algemene inligting oor voorskrifte, pille, ens. kom deel.  Doktersvoorskrifte moet aan sekere vereistes voldoen.  Die mediese praktisyn se volle naam, van en volle besonderhede, asook sy praktyknommer en handtekening moet daarop verskyn.  Die handtekening mag nie ‘n elektroniese een wees nie.  Die mediese fonds se besonderhede word ook verlang.  ‘n Eenmalige voorskrif is geldig vir 1 maand vanaf datum van uitreiking en ‘n voorskrif vir kroniese medikasie is vir 6 maande geldig – ook vanaf datum van uitreiking. Skedule 1 en 2 medikasie is sonder voorskrif verkrygbaar, skedule 3, 4 en 5 moet met ‘n voorskrif uitgereik word, terwyl skedule 6 (bv. morfien en ernstige pynmedikasie) nie herhaalbaar is nie en alle besonderhede op so ‘n voorskrif moet voluit uitgeskryf word – selfs die syfers moet woordeliks op die voorskrif verskyn.

 

 

 

 

 

 

 

 

Berg alle medikasie verkieslik in ‘n donker plek onder 25 grade. Let ook daarop dat setpille stadig kan smelt.
 

 

Die kwessie van mediese afval word bespreek en lede word ingelig dat geen medikasie vir krediet teruggeneem kan word nie.

 

 

 

 

Op die foto is Charlotte Huysamer (sameroeper) en Lize von Schlicht (spreker).

 

Lede word aangemoedig om vir hul jaarlikse griepinspuiting te gaan, veral as jy ouer as 60 jaar is, en dit is ook belangrik dat swanger vroue en kinders, veral die in bewaarskole, geimmuniseer word.  Die griepinspuiting word jaarliks herformuleer aangesien daar elke jaar ander “goggas” is waarteen geimmuniseer moet word. Die belangrikheid van die gebruik van antibiotika word beklemtoon. Voltooi altyd die
voorgeskrewe kursus.

 

Die verskille tussen oorspronklike medisyne, die generiese en die kloon word aan ons uitgewys.

 

Lize is passievol oor haar beroep en het enkele minute na haar praatjie oor haar besoek aan die tak getwiet!