Sirkel: SWD

Tak: Klein Brakrivier

Beriggewer: Marietjie Bothma

Datum: 25 April 2017

 

Die VLV tak van Klein Brakrivier het met hul laaste vergadering‘n prettige byeenkoms gehad.   Annlerie van Rooyen, instruktrise van Ageless Grace, ‘n organisasie wat hul beywer vir tydlose fiksheidsoefeninge vir die liggaam en brein, het die vergadering ingelig oor die veelsydigheid van die oefeninge.  Die oefeninge word ook in lande soos Kanada, Nederland, Australie, New Zealand en Singapore gedoen.

 

 

Die oefeninge word op ‘n stoel gedoen en enigiemand kan deelneem, selfs diegene met fisiese/intellektuele uitdagings soos bv. persone in rolstoele, met demensie of Alzheimers.

 

 

Die oefenprogram verhoed naderende verouderingsprosesse.  Funksies verbeter soos liggaam soepelheid, balans, regter- en linkerbrein koördinasie, ontwikkel nuwe senuweeselle,  bevorder koördinasie tussen voete en hande, help met spanning en bevorder selfvertroue

 

Oefeninge is tydens die vergadering gedoen op die maat van lewendige en soms nostalgiese musiek uit die vyftigs.   Dit was groot pret en almal het dit soos uitgelate kinders geniet.

 

Besoek www.agelessgrace.com vir meer inligting of kontak Annlerie van Rooyen by 082 33 11 434