Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Landbou & Tuinbou

Berriggewer: Erika Kotzé

Datum: 25 April 2017

 

Het plante gevoelens en kan plante kommunikeer

Nieuwoudtville VLV se Landbou & Tuinbou portefeulje het op 25 April 2017 in die kerksaal ‘n praatjie aangebied om lede in te lig oor of plante gevoelens het en of plante kan kommunikeer.

 

Mandie Kotze het wenke gedeel met lede oor hoe, wanneer, en waar om steggies te maak.

Arika van Niekerk het ‘n insiggewende praatjie gelewer oor of plante gevoelens het en of plante kan kommunikeer.

 

Arika van Niekerk

 

Die Wonderlike Lewe van Plante – Hoe plante met mekaar kommunikeer

Plante kan om hulp roep:

  • Vars gras reuk wanneer jy jou grasperk sny… nood roepe van plant. Reuk lok insekte wat die peste kan afweer

Plante kan afluister:

  • Kan ook gevaar “hoor”
    • Studie gedoen waar die klank opgeneem word van wurm wat aan plant eet.
    • Wanneer teruggespeel word aan plante wat voorheen deur die wurm geëet is, verhoog hul chemiese komponente, “phytochemicals” wat homself verdedig.
    • Interessant, hierdie phytochemicals is dieselfde stof wat plante hul medisinale eienskappe gee soos anti-kanker eienskappe en antioksidante.

Plante kan hul gebied verdedig:

  • Kompeteer vir sonlig en spasie
  • Ander maniere kompeteer
    • Indringer onkruid – stel sekere chemikalieë vry wat plant help om nutriënte op te neem uit grond – maar maak ook inheemse grasse dood
    • Sommige plante kan verdedigingsmeganisme ontwikkel, skei stof af wat beskermingslaag vorm, kan selfs omringde plante daarteen beskerm

Plante kan hul familie herken:

  • Plante kan ander wat naby hul groei aanvoel, gesonde kompetisie
  • Geneig om familie te herken en ondersteun
  • Eksperiment met see roket, plante wat in potte groei saam met dieselfde spesie se wortelgroei is baie meer beperk, maar nie die plant self nie.  Met verskillende spesies is die wortelgroei meer aggressief.
  • Die pot met die “familie” is meer bedagsaam teenoor mekaar, die pot met die “vreemdelinge” groei meer wortels om beter te kompeteer.
  • Familie herken mekaar deur chemiese seine

Hoe kommunikeer bome:

  • Ingewikkelde web van fungi
  • Fungi stuur “drade” uit in die grond, versamel nutriënte, bring dit terug na die boom in ruil vir suiker wat een van die produkte van fotosintese is. Die fungi kan nie fotosinteer aangesien hul onder die grond is
  • Wen-wen situasie
  • Bome stuur dus deur hierdie kanale vir mekaar nutriënte, veral tussen dieselfde spesies.

 

Plante kommunikeer met diere:

  • Plante gaan uit hul pad om met insekte te kommunikeer
  • Karnivoor plant in Amerika het so ontwikkel dat it ’n konkawe struktuur het wat vlermuise echolocation hijack om hulle te help om die blom te kry.
  • Myrmecrophytes (Mirmecrophitic)
    • Tipe plant wat mutualistiese verhouding met miere, besit strukturele aanpassings
    • Voorsien die miere van van kos en skuiling inruil vir bestuiwing, saadverspreiding en verdediging
    • Myrmecochory – “mier verspreiding”
    • Mier verdediging – Soldaat miere is baie aggressief en sal enige versteuring byt, steek of “snoei”

Hoe reageer plante op musiek:

  • Studie gedoen deur Dr. T.C. Singh, hoof van Plantkunde Departement by Indië se Annamalie University.  Toets die effek van musiek op die groeitempo van plante
  • Klassieke musiek : 20% in hoogte en 72% in biomassa
  • Raga musiek: grootte van gewasse van 25% tot 60% bo gemiddeld gewees
  • Gevind dat die beste reageer op die klank van viole
  • Ook geëksperimenteer met die vibrasies wat veroorsaak word deur kaalvoet dansery sonder musiek. Verskeie blomme soos petunias en marigold het twee weke vroeër as die kontrole geblom.
  • Een not: plante dood
  • Klassieke musiek: groei rondom die speaker
  • Metal: groei weg van die speaker af..

 

 

 

 

Arika en haar bekwame span het ook aan die lede spekboom-plantjies geskenk en verder het hul die beddings voor die kerksaal met nuwe plantjies verfraai.

Arika het ook vir die vergadering pragtige eetgoed gemaak.

 

 

Eetgoed versier deur Arika

 

 

 

 

 

Heidi van Niekerk het aan die lede foto’s vertoon van die Namakwaland sirkel konferensie wat aangebied was in Calvinia. Die lede van Nieuwoudtville wat plek gekry het by die konferensie kompetisie het hul pryse ontvang. Die bestuurslede van Nieuwoudtville VLV het ook elk ‘n naambalkie ontvang.

 

 Nieuwoudtville VLV se bestuur

 

Lede het deelgeneem aan die volgende takkompetisies: ‘n Foto van ‘n feetjie tuinhoekie; Rankskikking van ‘n Moedersdag teetafel; Windklokkies (windcharm); Gepiekelde groente asook Rogbrood.