Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Studierigting: Opvoeding En Kultuur
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 24 April 2017
Vryburg VLV het ‘n insiggewende vergadering rondom boedels en testamente gehou. Lanie van Wyk van die Efficient Groep het gemaan dat testamente jaarliks hersien moet word. Elke persoon het unieke behoeftes maar jou wense moet duidelik gestel word, soos juwele of vuurwapens wat bemaak word en reëlings t.o.v. begrafnisse of verassing. Selfs die persoon se Facebook-profiel moet genoem word. Stel ‘n lêer saam met alle nodige dokumente.
Daar kan onderhandel word oor fooie maar die eksekuteur benodig die volgende dokumente:
- Oorspronklike doodsertifikaat
- Identiteitsdokument
- Oorspronklike testament
- Huweliksertifikaat
- Huweliksvoorwaardekontrak
- Egskeidingsertifikaat
- Voorlopige inventaris
- Oorspronklike vuurwapenlisensie
- Oorspronklike titelakte van eiendom
- Oorspronklike motorregistrasiesertifikate
- Polisse en pensioenfonds
- Afskrifte van erfgename se identeitsdokumente
- Afskrifte van erfgename se huweliksertifikate
- Munisipale rekening van eiendom
- Inkomstebelasting-verwysingsnommer
Lanie van Wyk en Esta Twigge
Mariëtte van Huyssteen het meer vertel or die werksaamhede van Caritas in die gemeenskap. Veral die aantal blankes wat afhanklik is van armoedeverligting, neem jaarliks toe. Hulle is afhanklik van donasies om kospakkies en klere te verskaf.
Hul primêre doel is die beskerming van kinders en die behoud van gesinstrukture. Die afgelope jaar moes 12 kinders uit ongewensde omstandighede verwyder word. Plasing word eerstens by familielede en dan in pleegsorg gedoen. Maatskaplike werkers gee terapie en berading aan kinders na trauma of die verlies van ‘n ouer.
Projekte sluit ‘n kleuterskool, verskaffing van skoolbenodigdhede, hulp aan rampslagoffers en klerebank in.
Mariette van Huysteen en Esta Twigge
Lede het ‘n uitstalling gedoen van artikels wat vir hul kosbaar is. Elkeen het kortliks die betekenis daarvan vertel.
Uitstalling van kosbare artikels
Leave A Comment