Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum:  24 April 2017

 

Die Kunste en Handvlyt portefeulje was aan die beurt vir Aberdeen VLV se April 2017 vergadering.  Daarvoor reël sameroeper Heidi Lombard ‘n leersame uitstappie na die Country Mouse Design en Décor op Graaff-Reinet.

 

Opgewonde lede ontmoet mekaar in die winkel en die oggend skop af met ‘n papierdemonstrasie deur talentvolle Liesl Heunis.  Sy demonstreer verskillende artikels en vorms wat uit papier gemaak kan word deur dit te vou, knip en plak.  Blomme, sakkies, houers, strikkies en skoenlappers – pragtig om te gebruik as versiering en geskenke.  Lede probeer ook om die vouwerk baas te raak.

 

Na koffie kom energieke Lorana Rubidge aan die beurt met ‘n Annie Sloan Chalk Paint demonstrasie.  Sy demonstreer verskeie verftegnieke en vertel meer oor die kleure en produkte.  Fotos van voltooide projekte word ook gewys.  Lede vra vrae en besin oor watter meubels in hul huise geverf kan word.

 

Agter vlnr: Elna van Niekerk, Suzanne Lategan, Liesl Heunis, Lorana Rubidge, Lea van der Vyver

Voor vlnr: Karin Pienaar, Annalie Lategan, Carina Esterhuizen, Heidi Lombard (Sameroeper Kunste en Handvlyt)