Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes

Studierigting:  Opvoeding en Kultuur

Datum:  22 April 2017

Beriggewer:  Elize Perrin

 

Die plaaslike VLV-lede het Saterdag, 22 April, met behulp van ‘n video gesien dat teedrink in China ‘n ware ritueel is.  Anelia Vorster, wie se man tans in China woon en werk, het die video vertoon en die dames ook aan verskillende soorte tee bekendgestel.  Daar is vier basiese soorte tee in China, naamlik wit, groen, swart en olong.  Die dames het ook die kans gekry om van die tee te proe.

 

 

 

 

 

 

 

Me. Vorster sit haar uitstalling van Chinese tee bymekaar.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daarna het me. Erna Jeppe meer vertel oor Oorlogsfontein, hul familieplaas in die distrik.  Op die plaas is o.a. ‘n monumentjie wat opgerig is ter herinnering aan ‘n kommandant Hugo wat in 1902 daar gewond is en later aan sy besering gesterf het. Sy het ook ‘n kanon patroondop getoon wat op die plaas opgetel is.  Die jaartal 1900 is daarop gegraveer.

 

Me. Jeppe met die kanon patroondop

 

Voor teetyd het Me. Perrin ‘n vasvra oor verskillende beroepe gehou.