Sirkel: Tygerberg
Beriggewer:Antoinette le Roux
Datum: 21 April 2017
Op Vrydag, 21 April het die flinke lede van die takke van Sirkel Tygerberg bymekaar gekom vir ons jaarlikse Sirkelstap wat saamval met WBPV se Women Walk the WorId-veldtog.
Dit was ‘n lieflike herfsdag en almal het die uitstappie in die goedversorgde Danie Uyspark terdeë geniet. Die gerieflike paadjies het die stap makliker gemaak.
Na die goeie oefening het ‘n heerlike piekniek by tafeltjies onder die bome gevolg.
Selfs (alkoholvrye) sjampanje het nie ontbreek nie. Dit was ‘n gesellige gekuier en saamlag. Aan die einde was almal dit eens dat ons dit DV weer aanstaande jaar op dieselfde plek sal doen.
Bottelary-tak
Tuala Vorster (links voor) wat die dag gereël het
Goodwood-tak
Parow-tak
Brackenfell-tak
Ita van der Merwe, Sirkelpresident van Sirkel Tygerberg
Leave A Comment