Sirkel: Namakwaland

Tak: Vredendal

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: A Beelders

Datum: 20 April 2017

 
Vredendal se VLV lede het geskitter by die onlangse VLV Konferensie op Calvinia. Uit twaalf inskrywings wen hul vyf trofees, twee tweede pryse en twee derde pryse. Die trofeewenners is Willien de Kock met 88% vir haar speelkombers; Sanet Ras met 85 % vir haar gehekelde kussing; Rita Eitner met 87% vir haar skilferkors tertjies; Sophie Malan met 83% vir haar sitrusstroop en Julene Stephan met 90% vir die boekbe-spreking van Vermis op Allesverloren deur Anchien Troskie, tans ‘n boekvoorlesing op RSG.

 

Willien de Kock, Sophie Malan, Sharon White, Rita Eitner en Julene Stephan

 

By die vergadering in April het Stephnie van Schalkwyk, ‘n dieetkundige, riglyne gegee vir maaltydbeplanning met die oog op ‘n gesonde en gebalanseerde leefstyl. Sy beveel aan dat daar twee tot drie keer per week hoender en vis op die spyskaart sal wees; een tot twee keer rooi vleis en een tot twee keer vegetariese disse soos pasta of groente-disse en slaaie.  Avokado olie word aanbeveel vir gaarmaak omdat dit nie van struktuur verander in hitte nie en patat word aanbeveel as gesond, behalwe dat dit ook lekker is. Die opstel van ‘n eetplan word aanbeveel met uitgesoekte resepte om in die nodige dieetbehoeftes te voorsien. Sy deel riglyne vir dieetbeplanning en resepteboekies by die vergadering uit.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stephnie van Schalkwyk and Rita Eitner
 

 

 

 

 

 

Adele de Vries gee daarna handige wenke vir probleemsituasies in die huis soos koerantpapier onder in die vullisdrom om dit skoon te hou, of hoe om jou stewels in die klerekas regop te hou, essensiale olie in die toiletrol se karton vir ‘n vars reuk, en selfs die gebruik van spaghetti om ‘n klomp kerse aan te steek. ‘n Muffinpan is die oplossing vir ‘n verskeidenheid vulsels by die eetmaal.

 

Vir die vergeetagtiges beveel sy aan om jou motor in die parkeerterrein af te neem. Dan

kan die sekuriteitswag darem help soek na die motor.