Sirkel: Noord-Oos Kaap
Tak: Lady Grey
Portefeulje: Openbare Sake
Berrigewer: Marieka Bekker
Datum: 20 April 2017

 

Million Faces en CRL Beauty School kuier in Lady Grey

Anna Du Plessies het die Lady Grey taklede verwelkom en geopen met gebed en skrifleseing.  Anna het die simboliek in Paasfees aan lede verduidelik waar  sy ook ‘n pragtige uitstalling gehad het met verskeie items, wat die volgende insluit.

 

Eiers – teken van lewe.
Eierdop – die graf was leeg, en dat Jesus leef as oorwinnaar.
Paashaas – die haas is ‘n baie waaksame, vrugbare en toegewyde dier. Die haas bring kamma die eier, wat ook gesien kan word as wanneer die boodskap van Jesus gebring word.
Brood en Wyn – gaan gepaard met nagmaal wat Jesus se bloed en liggaam is.
Voete was – Jesus het die voete van sy dissipels gewas, Jesus het ons ook skoongewas.
30 Silwer Munte – Judas het Jesus verraai, net soos ons ook Jesus verraai met bv. vloek of slegte gewoontes en deur verkeerde dinge te doen.
Vere – die Haan wat drie keer gekraai het.
Doringkroon – simboliseer al die pyn en seer wat Jesus vir ons moes deurmaak.
Dobbelsteen – die Here se klere is uitgeloot.
Swart lap – die duisternis van die hele naweek oor paasfees.
Witlap – dui op oorwinning.
Klip – die klip wat weggerol is en die leȅ graf gewys het.
Paasfees – gaan oor Jesus wat leef en nie meer in die graf is nie.

 

Die Simboliek van Paasfees uitgestal.

 

Elize Botha van As het die tafels mooi versier met gekleurde water en blomme op wit tafeldoeke. Norma Kotze het die teetafel mooi versier met gekleurde glase en gekleurde blomme. Elke VLV lid het ‘n storieboek merkie, ‘n paaseier in ‘n glasbottel en ‘n paar ‘jelliebeans’ met ‘n ‘jelliebean prayer’ by gekry vir ‘n bederf geskenk.

 

Marieka Bekker het die ysbreker gedoen waar lede moes raai hoeveel klein paaseiertjies daar in die glasbottel was. Christa Venter het die naaste reggeraai met 100 en daar was 103 in die bottel. Marieka het vir Million Faces verwelkom wat ook die gassprekers was. Million Faces en CRL Beauty is ‘n skoonheids-salon en skool in Aliwal Noord. Karien Lategan is die eienaar en Tamara Slabbert is die hoof van die Haarkappery afdeling by Million Faces.

 

Twee van die studente naamlik, Angelique Wiese en Roelene Voster, het demonstrasies op twee van die Lady Grey Tak se lede gedoen. Anna Du Plessis se wenkbroue is getint en Romona Joubert se hare is gestilleer. Die dames het baie mooi gelyk en die studente het hulle puik van hulle taak gekwyt.

 

 

 

 

 

Links Bo: Ramona Joubert se nuwe kapsel, Regs Bo: Tamara Slabbert spreek die dames toe, Links onder: Karien Lategan en die span van Million Faces. Regs onder: Anna du Plessis met haar wenkbroue getint.

 

 

 

Karien Lategan het gesȇ vroue moet beter na hulself kyk, want hulle is so besig met werk en familie en kinders, dat hulle byna nie tyd vir hulself en veral nie skoonheids-programme maak nie. Karien sȇ dit gaan daaroor dat jy dit vir jou hart se gesondheid doen en dis belangrik om jouself op te pas en te versorg. Vroue gee soveel mooi vir die ander om haar die hele tyd dat dit belangrik is om nie hulself te vergeet nie.

 

 

 

 

 

 

Karien het verduidelik dat CRL Beauty en Million Faces twee besighede in een is. Die een is ‘n opleidingskool en die ander een is waar die student hulle prakties kan doen en ook waar die publiek onder ‘n andere hulle hare kan laat doen, maserings kan ontvang en ook hulle naels kan laat doen, asook soveel meer nog.

 

Karien het ook die voordele van Regim A verduidelik en hoe ‘n uitstekende produk dit is. Regim A is ‘n chemise afskilfering wat die dooie selle vinnig afhaal en jou vel op sy beste laat vertoon. Karien het voorgestel dat dames die salon besoek en self na die produkte kyk. Sy het gesȇ dat jy jou vel die beste ken en dat jy dan self deur die produk lysie met besonderhede kan gaan om sodoende te identifiseer wat die beste vir jou sal werk. Karien het gesȇ dat jy jou vel die beste ken en dat jy ook weet hoe jou vel voorheen gelyk het.

 

Tamara Slabbert, die hoof van die Haarkappery afdeling het die voordele van ‘n Brazillian behandeling vir hare verduidelik. Sy het genoem dat die prouduk op enige tipe hare gebruik kan word en dat dit solank soos 7 maande kan hou. Met die produk aan haar hare, kan ‘n klient dan ook haar hare was en droog en daar is nie veel meer moeite daar aan verder nie. Die produk het ook ‘n baie aangename geur. Die produk beskadig ook nie die hare nie en gee blinkheid en voeding aan die hare. Met die Brazillian produk op jou hare, sal jou hare mooi glad en reguit vertoon, en sal die krullerigheid ‘n probleem van die verlede wees.

 

Marieka en Anna  het die ‘lucky draw’s ‘gedoen en die vergadring is afgesluit waar lede rondom die teetafel saam kon kuier en smul aan die eetgoed.

 

Die Openbare Sake Span Regs na Links: Norma Kotze, Marieka Bekker, Anna Du Plessis en Elize Botha van As.