Sirkel: Paarl

Tak: Suider-Paarl

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Elsa Hanekom

Datum: 19 April 2017

 

Mariza van Zyl, dieëtkundige, kom verduidelik meer oor die verskil tussen fruktose en sukrose. Wat is suiker?  Dit is ‘n koolhidraat wat suikers soos fruktose en sukrose insluit.  Vesel kan ook ‘n suiker wees. Bygevoegde suiker is ‘n euwel.

 

In Suid-Afrika is twee uit drie vroue, twee uit vier mans en een uit vyf kinders oorgewig. Te veel suikerdrankies is glad nie gesond vir kinders nie.  Probeer om energie drankies en kits pappe te vermy.  Sukrose kan insulien-weerstandigheid veroorsaak en dit sit weer om in vet.  Verfynde suiker is sleg vir almal.  Die aanbevole suiker inname per dag vir ‘n vrou is ses teelepels suiker, maar mik eerder na drie teelepels.  Een blikkie koeldrank bevat nege teelepels suiker en een klein bakkie jogurt drie teelepels suiker.

 

Fruktose is vrugtesuiker.  Dit is beter om fruktose, wat in vrugte voorkom en ‘n natuurlike produk is, te eet.  Vrugte soos appels, lemoene, mango’s en perskes bevat ook oksidante, vitamines en vesel.

 

In die VSA word “corn syrup”, vervaardig uit mielies, gebruik.  In Suid-Afrika is dit egter nie moontlik nie aangesien ons nie genoeg mielies produseer nie.

 

Hoe kan ons die toestand verbeter in ons huise? Lees die instruksies op die produk.  Hoe hoër die suiker gelys is, hoe meer suiker bevat dit.  Wees op hoogte van die voedingstabel.

 

Een sny brood van 30 g bevat 15 – 20 g koolhidrate, terwyl ‘n lemoen van 120 g ook 15 – 20 g koolhidrate bevat.  Jy sal dus meer versadig voel as jy eerder ‘n lemoen as ‘n sny brood eet.  Hou jou porsies matig en klein.  Jy kan vyf tot ses vrugte per dag eet.

 

Mariza van Zyl by Elaine Joubert (Gesondheid).