Sirkel: NOK

Tak: Jamestown

Studierigting: Kunste & Handvlyt, Opvoeding en Kultuur en Leefstyl

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 19 April  2017

 

 

Cecile Nel het vertel van haar toer na Griekeland ‘n paar jaar gelede. Sy het ook verskeie albums, foto’s en kaarte vertoon en alle eetgoed vir die dag was van Griekse oorsprong.

 

Die Griekse ete

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Drini van Pletzen het haar beroemde skilferkors-melktert demonstreer en die resep gedeel.

 

 

 

 

Drini van Pletzen demonstreer haar melktert.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Helene Wagenaar van Jamestown het gepraat oor die ontwikkeling van Kuns. Kuns is iets besonders wat sekere mense kan doen – of dit is om ‘n volmaakte koek in ‘n houtstoof te bak, pragtige fyn borduurwerk te doen, of ‘n toestel reg te maak. Digkuns, drama, dans, musiek, beeldhouwerk of skilder “gebeur” wanneer daar ‘n behoefte is om jouself uit te druk of die wêreld bewus te maak van ‘n insident of pragtige landskap/persoon. Kuns was aanvanklik ‘n manier van kommunikasie. Boesmans en Egiptenare het m.b.v. prentjies vir mekaar boodskappe gelos. Soos hul kennis van vorms en kleur meer geword het, het hul vermoë om te teken/skilder ook verbeter. Maar soos musiek, draf, gimnastiek, ens. moet dit beoefen word.

 

Vanaf die 17de eeu moes kunstenaars gebeurtenisse in die geskiedenis uitbeeld (vgl Rembrandt se donker skilderye), maar mettertyd het hulle met verskillende style en kleure begin eksperimenteer en hul eie emosies uitgedruk. In die Renaissance tydperk het veral Italiaanse kuns hoogty gevier, terwyl die Impressioniste met lig en sterk kwashale gewerk het. Paul Cezanne was die vader van moderne kuns wat vanaf 1859 weggebreek het van die tradisionele manier van skilder. Intussen het kameras ook die werk van kuns begin oorneem.

 

 

Helene Wagenaar

 

Die helder, emosionele Ekspressionisme het in oorlogstyd in Duitsland ontstaan. Dit het ook in die vroëe 1900’s na Suid-Afrika versprei deur die kuns van bv. Irma Stern, Maggie Laubser en Gaugin. Ter illustrasie het Helene ‘n groot verskeidenheid voorbeelde gewys van die verskillende kunsgenres. Kuns is vir altyd!

 

 

 

Sy het ook wenke gegee oor hoe om ‘n skildery te koop. Praat hy met jou of pas hy bloot by jou gordyne/binneversiering? Koop kuns soos jy met jou vriende sal maak – dalk word dit ‘n belegging! Skilders gebruik verskillende tegnieke – ‘n kwas, ‘n paletmes, of bloot ‘n ou kredietkaart kan gebruik word. ‘n Skildery kan perfekte komposisie, doek, verf, atmosfeer, tema, ens. hê, maar as daar geen emosie ingesit is nie, is dit nikswerd. Die keuse van die regte raam is ook baie belangrik.