Sirkel: Weskus
Tak: Moorreesburg
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Martelize Britz
Datum: 19 April 2017
Mnr Paul Terblanche, ‘n fiksheidsinstrukteur van die plaaslike leefstylsentrum, het vir die dames ‘n paar idees kom gee oor hoe om gesond te leef.
Hy beveel 3 liter water per dag aan. Volgens hom moet ‘n mens baie komkommer inneem aangesien dit water uit jou liggaam onttrek. Moenie ontbyt oorslaan nie. Eet 6 etes ‘n dag, min sout en drink groen tee koud. Eet met elke ete proteïene.
Hy en sy assistent, Dalene Hanekom, het vir die dames ‘n paar tuisoefeninge gewys. Eerstens het hy gewys hoe om gewone goed uit die huis in jou roetine te gebruik. Bv. op ‘n regop stoel kan mens gemaklik “squats” doen. Hy het ook gewys hoe om oefeninge reg te doen sodat onnodige beserings uitgeskakel kan word.
Paul Terblanche en Dalene Hanekom
Hy beveel vinnige stap aan as oefening. En wanneer die “gym” besoek word, kry iemand om jou te help met die oefeninge sodat beserings vermy kan word.
Sy webblad is http://paultheterror.co.za en die facebookblad waarop oefeninge gelaai word, is https://www.facebook.com/moorreeesburggymenleefstylsentrum.
Hy en sy assistent het ‘n gesonde drankie gemaak van ”Herbalife”, melk, vars aarbeie en joghurt saamgebring en al die dames laat proe daaraan.
Paul Terblanche se Herbalife drankie
‘n Baie gesonde vergadering wat afgesluit is met “banting” eetgoed. Almal was baie geïnspireerd om gesonder te lewe.
Martelize Britz, Denise Bester en Helena Bester wat open.
Leave A Comment