Sirkel: Paarl

Tak: Malmesbury

Studierigting: Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Mia Louw

Datum: 19 April 2017

 

Die naam Simply Bee sê dit alles. Helena van Simply Bee in Hopefield het ons alles kom vertel van haar passie vir byeboerdery. As so iemand eers vir jou begin vertel van bye dan besef jy dat jy eintlik baie min weet.

 

Simply Bee het ‘n besoekersentrum in Hopefield met ‘n byekorf wat deur besoekers waargeneem kan word. Hulle boer met omtrent 500 korwe in en om Hopefield se fynbos en verkies om nie hulle korwe te skuif na vrugte boorde vir bestuiwing nie omdat dit skade doen aan jou bye getalle.

 

Die werkerby is die kleinste en werk die hardste. Sy lewensduur in die somer is maar 28 dae. Vir die eerste 7 dae maak hy skoon in die korf, vir nog 7 dae voer hy kos vir die larwes, daarna vlieg hy na buite en maak kos en nektar bymekaar.

 

‘n By klap sy vlerke 2277 keer per sekonde.

‘n Koningin paar net een keer per seisoen en as die mannetjie (drone) te lank neem om te paar word hy uit die nes geskop.

Ons is ook ingelig oor AFB – American Foul Brood, dis ‘n bakteriese infeksie van die korf en ruik sleg. Dit kan tot gevolg hê dat baie korwe vernietig moet word.

 

Definitief insiggewend en iets om oor te dink, sonder bye as bestuiwers sal baie kossoorte nie kan voortbestaan nie en dit kan die wêreld waarin ons lewe drasties verander.

Simply Bee vervaardig verskeie produkte van byewas, propolis en heuning. Hulle produkte is organies en vry van enige skadelike chemikalieë.

 

Gaan soek gerus Simly Bee op die internet vir meer inligting of maak ‘n draai in Hopefield.

 

Middel is Helena van der Westhuizen van Simply Bee. Links is Mia Louw, Voorsitter van Malmesbury VLV en regs is Helena Visser, wat beide bekers verower het in die afgelope Paarl Sirkel Konferensie vir haar Kookkuns kompetisie artikels: Beker vir Meeste Punte Gebak en Beker vir Lekkers en Preservering.