Sirkel : Kimberley
Tak : Douglas
Portefeulje : Gesondheid
Beriggewer : Cecile Snyman
Datum : 29 Maart 2017
Kansa besoek Douglas VLV-tak.
Leonie Taljaard en Raylene Doyle van Kansa Kimberley het die Douglas VLV-tak besoek in Maart. Lede is meer vertel oor bors- en servikale kanker. Klem is gelê op die gevaartekens van hierdie kankers en hoe belangrik leefstylveranderinge is. Behandelingsopsies is ook bespreek. ‘n Demonstrasie is gegee oor hoe om ‘n self-borsondersoek te doen. Lede is aangemoedig om die Kansa tak in Kimberley te besoek waar papsmere en borsondersoeke teen ‘n minimale bedrag uitgevoer kan word. Die tak het ‘n donasie van R1250 aan Kansa oorhandig.
Alta Grobbelaar oorhandig ‘n donasie van R1250 aan Leonie Taljaar en Raylene Doyle van Kansa Kimberley
Lede wat die vergadering bygewoon het.
Leave A Comment