Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 28 Maart 2017

 

Tydens ons Kunste en Handvlytvergadering het Amelia Audinwood ‘n demonstrasie gedoen.  Sy is eintlik ‘n binnenshuise versierder van beroep, maar maak ook interessante juwele van viltwol.  Sy het gewys hoe die wol gepluis, in Sunlight opwasmiddel gedoop word, en daarna in die vereiste grootte balletjies gerol word.  Nadat dit droog geword het, kan die artikel eindelik voltooi word.

 


Hier kan die resultaat gesien word.

 

 

 

Lnr: Martie Beneke (sameroeper), Amelia Audinwood (spreker) en
Annemarie Brink wat die bedankings gedoen het. Die mandjie op die voorgrond, wat Amelia as geskenk ontvang het, het Martie van plastiek inkopiesakke gehekel.